A Slice Of Afrikaans – My Oseaan

20-beach-sea-photography

Te diep was ek in die verlede gekrul

in ‘n donker gat van heimwee gehul

vol negatiewe dinge gevul

waar was my oseaan?

 

Te vas in die greep van hartseer

was ek van realiteit geskeur

met winderige winter gevoelens

moes ek deur digte doringtakke beur. 

 

Tog het ek aan ‘n greintjie hoop

die winde met ‘n traan getem

die winter met ‘n glimlag gekoop

en die wiele van hulle daad gerem.

 

Ek het uiteindelik my oseaan gesien

skoonheid blink in blou smarag

met silwer wit wolke oorhoofs

het ek my hart gevind. 

 

 

 

 

Ding in die Nag

dark-mac-last-scary-dream-290809

Diep is die maan wat vanuit donkerte loer,

Koel is die lug wat deur die lui strate sloer,

Donker is die nag wat oor straatlampe roer,

Hier is ‘n ding wat om elke hoek toer.

 

Gekom uit die vreemde, gekom om te bly,

Hier het hy kos en huisvesting kom kry,

Vinnig soos lig, stil soos die dood,

Wil hy verdien, sy nagtelike brood,

Om weer te verdwyn in sy eensame moot.

 

Rond is die maan wat vanuit donkerte kyk,

Skerp is die lug wat deur lui strate pryk,

Stil is die nag wat oor straatlampe eik,

Daar sit ‘n ding met sy hart in ‘n kruik.

 

Saggies, o, sag, kruip hy hierheen en daar,

Vergryp in ‘n bekende nostalgie, is waar,

Verban uit sy eie, verlore as kind,

Het hy gekom om sy redding te vind,

Terug sal hul betaal, uit natgeswete munt.

 

Blind is die maan wat vanuit donkerte betrag,

Oud is die lug wat deur lui strate vrag,

Dood is die nag wat oor straatlampe mag,

Daar staan ‘n ding wat stilletjies lag.

 

Onder die goggas, sien hy sy eerste prooi,

Geduldig, gedwee, wag hy vir sy nooi,

Hy kom uit ‘n hoek en loop binne ‘n vlaag,

Maar voor hy kon gryp, kom skiet daar ‘n vraag,

Het hy die moed om in sy doel te slaag?

 

Wit is die maan wat vanuit donkerte blik,

Koud is die lug wat deur lui strate mik,

Vol is die nag wat oor straatlampe tik,

Daar staan die ding in ‘n innerlike strik.

 

Onseker van alles glo om hom heen,

Kon hy nie die keer daai vaardigheid leen,

Moedeloos en hartseer heen hy om hoek,

Vrugteloos op dit waarna hy nou so soek,

Hoekom dan voel hy soos ‘n vermetele kroek?

 

Blink is die maan wat vanuit donkerte merk,

Mistig is die lug wat deur lui strate kerk,

Deurskynend is die nag wat oor straatlampe sterk,

Daar sit ‘n ding in eensaamheid beperk.

 

Uitspansels van kleur versprei oor die lug,

Rooi tot oranje vorm ‘n aaklige klug,

Spore oor wange verlaat hy so stil,

Weg van ‘n plek wat van dankbaarheid jil,

Sy kop het hom weereens van wyse gekul.

 

Weg is die maan wat vanuit donkerte steek,

Skoon is die lug wat deur lui strate breek,

Leeg is die nag wat oor dooie straatlampe wreek,

Verdwyn het die ding wat leë planne kweek.